Die Eljada-Kairos-skool op Oudtshoorn het verlede Dinsdagaand ’n borgegeselligheid by die Klein Karoo Ostrich Emporium gehou. Volgens Hennie Baartman, skoolhoof, is dié jaarlikse geleentheid belangrik om die talle borge wat die skool ondersteun te bedank vir hul volgehoue skenkings deur die jaar. Hier van links is Mari-Lu Roller (leerkrag), Bertus Conradie van Ricoh en Baartman tydens die funksie. Foto: Angelique Erasmus