Alles wat jy oor demensie wil weet

• Almal welkom om te kom luister

’N KENNERIop die gebied van demensie, Gert Meiring, kom gesels volgende Donderdag oggend (7 Junie) by die Caves Aftreeoord op Oudtshoorn oor die feite en fiksie rondom demensie.

Meiring, die bestuurder van Huis Elsje op Mosselbaai, gaan al die kwessies oor demensie aan spreek waaroor mense wonder of waarmee hulle te doen kry.

Hy sal in sy praatjie byvoorbeeld vrae beantwoord soos: Ek vergeet dikwels waar ek my motorsleutels gelos het. Is ek besig om Alzheimer’s te kry? Of: Hoe oud moet ’n mens wees om Alzheimer’s te kan kry? Of: Wat kan ek doen om nie Alzheimer’s te kry nie?

Hy sal praat oor soorte demensie; asook kwessies soos behandeling wat die progressie van die siekte verminder, of Alzheimer’s oorerflik is, en of aluminiumvergiftiging, griep inspuitings, silwer of goud in die tande, vita mientekorte of kunsmatige versoeters kan bydra tot Alzheimer’s.

Die praatjie begin om 10:30 by die Caves Aftreeoord.

Rig navrae aan Bets Wilkinson (044272 0883) of Christine Nelson (073 366 3216).