Colony en Brûlé nog elke jaar bekroon!

The Colony ontvang Smulpaaptoekenning in die afdeling vir hotelrestaurante Die personeel van The Colony Restaurant is voor van links is Zola Hufke, Mercia Dyssel, Mia Witbooi, Marlene Hendricks, Jacqueline Samboer, Dorothy van der Ross en Joey Moos. Agter van links is Alie Killian, Pieter Jacobs, Raymond le Roux, Christopher September, Ayabonga Zazi, Lucas Lilley, en Kiewiet Smith.

The Colony ontvang Smulpaaptoekenning in die afdeling vir hotelrestaurante
Die personeel van The Colony Restaurant is voor van links is Zola Hufke, Mercia Dyssel, Mia Witbooi, Marlene Hendricks, Jacqueline Samboer, Dorothy van der Ross en Joey Moos. Agter van links is Alie Killian, Pieter Jacobs, Raymond le Roux, Christopher September, Ayabonga Zazi, Lucas Lilley, en Kiewiet Smith.

Alle eer aan ons personeel!

Smulpaaptoekenning in die afdeling vir informele eetplekke Die personeel van Café Brulé is voor van links Siena Basie en Diane Herwel en agter van links Alie Killian, Awie de Vries en Dan Simmers. Bianca Baardtman was afwesig.

Smulpaaptoekenning in die afdeling vir informele eetplekke
Die personeel van Café Brulé is voor van links Siena Basie en Diane Herwel en agter van links Alie Killian, Awie de Vries en Dan Simmers. Bianca Baardtman was afwesig.

DIE eer vir die Klein Karoo Smulpaaptoekennings / Klein Karoo Gourmand Awards wat The Colony Restaurant en Café Brûlé pas ontvang het, kom die twee eetplekke se personeel toe.

So sê Alie Killian, bestuurder van die Queen’s Hotel waarbinne albei eetplekke geleë is.
The Colony Restaurant en Café Brûlé het nog elke keer sedert die Smulpaaptoekennings in 2013 die eerste keer toegeken is, met so ’n toekenning weggeloop.

Die Smulpaaptoekennings gee erkenning aan top-eetplekke in die Klein Karoo met eetplekke wat herhaaldelik deur die verloop van ’n jaar deur anonieme beoordelaars besoek word en op grond van onder meer die gehalte van hul kos, diens en die voorkoms en atmosfeer van die eetplekke beoor­deel word.

The Colony Restaurant en Café Brûlé is sover vasgestel kan word die oudste restaurante wat op Oudts­hoorn in bedryf is.

Albei restaurante is oop vir die publiek.
Hoewel The Colony Restaurant hotelgaste bedien, is alle inwoners van Oudtshoorn en lede van die algemene publiek ook altyd welkom om by die restaurant te kom uiteet. Die restaurant is daagliks oop van 17:00 tot 22:00.

Vir besprekings skakel 0442722101.
Café Brûlé is daagliks in die winter van 07:00 tot 17:00 oop en van 07:00 tot 19:00 in die somer.