VRYDAG 24 FEBRUARIE
Kansa Shavathon saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) by die Queen’s Mall-parkeerterrein. Skeer of sproei jou hare vir Kansa (R50; kinders o.12 R25). Poniesterte 25 cm of langer kan aan Kansa geskenk word. Mense kan bloed skenk. 08:00 – 15:00.
SATERDAG 25 FEBRUARIE
Kansa Shavathon by Checkers-sentrum. 08:00 – 15:00
DINSDAG 28 FEBRUARIE
Algemene Jaarvergadering van die Oudtshoorn Besigheidskamer. Oudtshoorn Gholfklub. 17:30 -18:00. RSVP tot Donderdag, 16 Februarie by Helen Butler by 044 272 6637.
TOT 28 Februarie
Druiwepluk by De Krans op Calitzdorp. Bring jou eie houer en pluk jou eie hanepootdruiwe – R7,70 per kg. Navrae: 044 133 314 of e-pos: dekrans@mweb.co.za
DONDERDAG 2 MAART
Klub 60: Internasionale gebeure word bespreek. 10:00. Oudtshoorn Aftreeoord, Kerkstraat. Navrae: William Gould: 044 279 1515 / 072 495 0056.
VRYDAG 3 MAART
NG Kerk Oudtshoorn-Suid Dankfeesbasaar om 17:30. Etekaartjies beskikbaar teen R60. Kontak Mariana Bekker by 044 279 1900
SATERDAG 4 MAART
• Snoekbraai ten bate van Oudtshoorn Volunteers vir Diere. Opbrengs vir diere-sterilisasie van minderbevoorregte diere-eienaars. Jan van Riebeeckweg 225B (kyk uit vir ballonne). 12:00 – 14:00. R50. Navrae: Lee-Ann van Sittert (083 334 0172) of Elmarie Swiegers (082 498 0177).
• Vriende van die Calitzdorp Museum reël ’n uitstappie met ’n trekker en waens na drie plase – Rosevilla, wenner van die 2016-wingerdblokkompetisie, St Helena, ’n granaatplaas, en De Krans, ’n wynplaas met ’n portproe ingesluit. R50 (lede) of R60 (nie-lede). Betaal voor vertrek (09:00 vir 09:15) vanaf Klein Karoo Agri oorkant De Krans. Middagete beskikbaar by De Krans Bistro teen R75 (besprekings noodsaaklik). Bespreek vir uitstappie en/of ete voor/op 1 Maart: Jutta (072 221 7171) or eco-logic1@mweb.co.za
VRYDAG 10 MAART
NG Moedergemeente-basaar om 18:00. Etekaartjies R60. Kontak Annelet Nortier by 044 272 3130 (vm).
VRYDAG 17 MAART
Burgemeestersmaskerbal. 18:30 vir 19:00. Banketsaal. Driegangete. Kontantkroeg. Drag formeel. Masker word voorsien. Fondse vir kinder- en jeugsentrums, mishandelde vroue, ens. R150 per persoon en R2 000 per tafel. Kaartjies: Lavern Biljohn (044 203 3015/3000).