Foto van die Week

Dinsdagoggend sonopkoms. Die weervoorspelling vir die dag was juis in die vroeë 30 grade, wat so wil-wil aankondig dat die lente op ons voorstoep is. Hierdie foto is net voor 07:00 die oggend geneem in Schoemanshoek, met die son wat net-net oor die Swartberge vir Oudtshoorn begin loer. Een groot voordeel is ook natuurlik dat met lente wat een van die dae aanbreek, hoef die arme kinders ook nie meer in die koue en donker skool toe te gaan nie. Foto: Angelique Erasmus