VERSKEIE produsente uit die Klein Karoo het met die nuwe wyne van 2023 aan die Klein Karoo Streeksjongwynskou deelgeneem en die uitslae is op 22 Augustus tydens ’n gesellige funksie by Mymering Wine & Guest Estate in Ladismith bekend gemaak.
Die Kampioen Produsente Kelder is Montagu Wynkelder wat uitsonderlik presteer het met die Kampioenwyn (Kampioen Muskaat Versterkte Wyn), die Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Chenin Blanc) en Reserwe Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Colombar), die Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Pinotage) en die Reserwe Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Merlot), die Kampioen Ruby Cabernet, die Kampioen Cabernet Sauvignon, die Reserwe Kampioen Shiraz, die Reserwe Kampioen Muskaat Versterkte Wyn, die Kampioen en Reserwe Kampioen Natuurlike Soetwyn, die Kampioen Chardonnay asook die Kampioen Sauvignon Blanc.
Die Reserwe Kampioen Produsente Kelder is Calitzdorp Wynkelder met die Reserwe Kampioen Chenin Blanc.
Jakkalsvlei is die Reserwe Kampioen Privaatkelder met die Kampioen Shiraz, die Reserwe Kampioen Cabernet Sauvignon en die Reserwe Kampioen Merlot.
De Krans Wynkelder is die Kampioen Privaatkelder en het die Reserwe Kampioenwyn (Kampioen Nie-Muskaat Versterk) en die Reserwe Kampioen Nie-Muskaat Versterk opgelewer.
Besoek gerus www.kleinkaroowines.co.za om meer uit te vind oor die streek en sy wyne.
Kelders presteer by Jongwynskou
Die beoordeelaars tydens die Klein Kaaroo streeksjongwynskou 2023 in die foto links onder is van links na regs: Mike Neebe (Axe Hill); Louis van der Riet (Jakkalsvlei); Carlo Sciocatti (Calitzdorp); Christoff de Wet (De Krans); Graham Anley (TTT Cellars). In die foto bo is die groepfoto van almal wat die skou saam geniet het. Foto: Karl Swart