Foto van die week: 17 Oktober 2025

Gucci is ’n Boston Terrier-kruis hondjie van twee jaar oud en kom kuier elke week by Die Hoorn, veral wanneer dit “koerantdag” is. Sy is gaande oor kar ry, en groet almal by die kantoor met ’n stert wat waai. Die personeel spot en noem haar hul emosionele ondersteuningshondjie. Navorsing wys dat ’n troeteldier by die werksplek stres kan verminder, asook bloeddruk kan verlaag. Werknemers kan ook rustiger en positiewer voel. Foto: Angelique Erasmus