Van Markstraat tot Voortrekkerweg

Ook deel van Voortrekkerweg se geskiedenis is die ou (groen) pawiljoen by die Rec (Oudtshoorn Sportgrond). Dit is in 1894 opgerig as deel van die Recreation Grounds Company, vandaar die naam Rec. Foto’s: Met dank aan die CP Nel Museum

VOORTREKKERWEG in Oudtshoorn is nie net ’n hoofroete deur Oudtshoorn en die tuiste van verskeie besighede en die Klein Karoo se grootste winkelsentrum, die Queen’s Mall, nie, maar ook ’n straat met ’n ryk geskiedenis.

Ná die oorspronklike uitmeting van Oudtshoorn in 1847 is die straat Markstraat genoem omdat daar beplan is om ’n markplein op die kruising met Langenhoven te vestig. Dié markplein is egter baie min gebruik.

Die straat is in 1938, met die 100-jarige herdenking van die Groot Trek tot Voortrekkerweg Van Markstraat tot Voortrekkerweg
herdoop.

Die straat was onlangs weer in die nuus toe die munisipaliteit by ’n raadsvergadering ’n voorstel aanvaar het om die straat se naam weer te verander, dié keer na Nelson Mandela Boulevard. Inwoners het oor die algemeen heftig teen die naamverandering gereageer, maar die uitslag van die openbare deelnameproses oor die beoogde naamsverandering is nog nie bekend nie, Van die ouer strukture uit Voortrekkerweg se vroeë dae staan vandag nog, soos die ou pawiljoen by die Rec (foto regs) en Foster’s Manor wat in 1902 gebou is. Dié huis van die Foster-gesin, wat deur die bekende argitek Charles Bullock ontwerp is, is ’n voorbeeld van die prag en praal van die volstruisveerbloeitydperk.

• Die Queen’s Mall is in 1997 geopen. Dié winkelsentrum is deur die sakeman Nic Barrow opgerig. Die huidige eienaars is die Klein Karoo Fonds.

’n Park in Voortrekkerweg!

Oudtshoorn en die omgewing van Voortrekkerweg in die ou dae! Die geskiedkundige foto is geneem van ’n park wat geleë was in die omgewing waar die Burgersentrum in Voortrekkerweg tans staan.

Oudtshoorn en die omgewing van Voortrekkerweg in die ou dae! Die geskiedkundige foto is geneem van ’n park wat geleë was in die omgewing waar die Burgersentrum in Voortrekkerweg tans staan.