Deur Ilze-Mari Gründling
’N WANDELING deur die Calitzdorp Museum en tussen erfenisgeboue van die dorp maak vanjaar deel uit van die Stigting Simon van der Stel se algemene jaarvergadering en Erfenistoekenningsgeleentheid op Saterdag 7 April.
Die dag skop om 09:30 by die museum in Van Riebeeckstraat af met ’n praatjie oor die erfenisgeboue om 10:00. Die geboue sal daarna te voet besoek word.
Om 11:45 vind die jaarvergadering en Erfenistoekennings tydens ’n bufeet-middagete by Rose of the Karoo plaas. Die koste is R160 per persoon.
Vir besprekings om die jaarvergadering en ete by te woon, skakel Allen by 082 722 6585 voor of op Donderdag 29 Maart.