
Van voor links: Lynn Potgieter (verkoops & verhuringsagent) sedert 2005, Bonnie Wink (verkoopsassistent vir Mike Wink) sedert 2008, Adel Labuschagne (admin sales ODN) sedert 2015, Talita Cassarra (admin De Rust) 2017, Anli Bezuidenhout (intern agent Willowmore, Steytlerville, Uniondale) sedert 2017, Alta Jonker (admin verhurings) sedert 2001. Agter van links: Sebastian Wink (intern agent) sedert 2017, Mike Wink (verkoopsagent) sedert 2008, Isidore Langenhoven (Prinsipaal) sedert 2003, Guy Healey (Prins Albert) sedert 2010, Ann Meiring (verkoopsagent De Rust) sedert 2015, Pieter van Pletzen (Calitzdorp, van Wyksdorp, Ladysmith) sedert 2006. Onder: Petra van Wyngaard (verkoop & verhuring) sedert 1993.
Ek het nog altyd gehunker daarna om eendag my eie eiendoms-franchise te besit, sê Isidore Langehoven (prinsipaal van Rawson Properties Oudtshoorn). Voor ek die eiendomswêreld betree het in 2003 (met my aankope van Oudtshoorn Eiendomme) het ek reeds vir jare huise gekoop, opgeknap en weer verkoop. In 2010 het ek besluit om die Rawson Properties franchise te koop. Bekende eiendoms-franchises het my ook destyds genader, maar Rawson Properties was die een wat my beïndruk het deurdat hulle die enigste eiendoms-franchise landwyd is wat ook oor sy eie interne finansieringafdeling beskik.
Die ondersteuning en opleiding wat Rawson aan sy personeellede verskaf is van ’n baie hoë gehalte, wat uiteraard top-dienslewering bevorder. Alle werknemers kry ook een keer per maand gespesialiseerde RAP opleiding (Rawson Achivers Programme) oor die nuutste verwikkelinge in die eiendomsmark. Benewens die feit dat Rawson Oudtshoorn nr 1 in verkope was in Augustus (Oos- en Suid-Kaap), is ons ook trots om te kan spog met vier agente wat onder die top 10 tel.
Ann Meiring (De Rust): 081 777 4185
“De Rust is a tranquil village at the entrance of Meiringspoort; an absolute gem of the Little Karoo situated at the foothills of the majestic Swartberg Mountains.”
Guy Healey (Prince Albert): 081 777 4178
“The stillness and wide open spaces coupled with charm, history and the richness of our community make Prince Albert the gateway to the unfiltered Great Karoo.”
Anli Bezuidenhout (Willowmore) 081 777 4186
“Willowmore, waar die skoonheid van die vlaktes jou hart laat rus vind.”
Mike Wink (Oudtshoorn): 081 777 4184
“Oudtshoorn in die hart van die Klein Karoo en omring deur twee bergreekse en asemrowende natuurskoon. Die gesonde klimaat maak die dorp gewild vir aftrede. Dié pragdorp is slegs 60 km van die naaste lughawe en see. Kom na die Klein Karoo waar die wyn en roosterkoeke volop is!”
Pieter van Pletzen (Calitzdorp): 081 777 4177
“Calitzdorp is home to 200 plants species , not to mention the gorgeous night skies and sunsets.”
Foto’s en berig: Wyndham Ewerts