Magda Davel, bestuurder van die Oudtshoorn-diereskut (links) en Natasha van Rensburg (bemarker van Yips and Yaps) gee hier volstruishappies aan ’n hondjie by die skut. Klein Karoo International het Dinsdag 12 Maart van hulle nuwe hondehappie-produkte (Yips & Yaps reeks) aan die skut geskenk. Verskeie dele van die volstruis is gebruik vir dié nuutste hondehappies (laevet en hoë proteïene) – soos die been-en-vleis-happies regs. Besoek gerus www. yipsandyaps.co.za/product-range/ Foto’s: Christine Schoeman
