Dr Hilldige Beer tydens die sterlisasie van een van die honde. Foto verskaf
Deur Angelique Erasmus
SOWAT 80 diere is tydens drie verskillende sterilisasieklinieke in Augustus op Ladismith gesteriliseer tydens ’n projek van die Karoo Animal Protection Society (KAPS) vir mense wat wel-synstoelae ontvang.
“Die klinieke verhinder dat die diere in die gebied te veel raak, en bekamp ook siektes en verminder ook dieremishandeling,” sê Colette Teale, voorsitter van KAPS.
Teale het haar dank uitgespreek vir die hulp van die veeartse drs Garth Ryder van De Rust asook Hilldige Beer en haar assistent, Hilda Mills, wat vanaf Kaapstad gekom het vir die sterilisasiekliniek.