Dubbelgoud en 2 goues vir De Krans by Veritas

Kort op die hakke van vele onlangse toekennings, het De Krans pas nog ’n toekenning toegevoeg tot hul medaljes vir 2017, met die Cape Vintage Reserve 2014 wat dubbelgoud verower het by die 2017 Veritas Wynskou.

De Krans het ook weggestap met twee goue medaljes vir onderskeidelik die Cape Tawny Li­mited Release NV en die Cape Vintage Reserve 2015.

Dié spogfunksie, wat op Vrydag 6 Oktober plaasgevind het, is bygewoon deur sleutelspelers van beide die wyn- en mediabedryf.

Die Cape Vintage Reserve 2014 was een van 1 638 wyne wat vanjaar vir die kompetisie ingeskryf is.
Slegs 71 dubbelgoue en 193 goue medaljes is toegeken.

Veritas is een van Suid-Afrika se oudste en mees gesaghebbende wynkompetisies.