Elf leerders van Laerskool Laurus presteer tydens Sandringham se Livestock Expo

Elf leerders van Laerskool Laurus het onlangs tydens Sandringham se Livestock Expo Jeugskou op 13 en 14 Oktober in Stellenbosch presteer nadat hulle tydens die skoolvakansie as buitemuurse aktiwiteit opleiding in die maak van kaas, jogurt en botter ontvang het. Die leerders het teen skole van regoor die land in die suiwelbereiding- en kulinêre kunsafdelings deelgeneem. Voor van links is Zander Strydom (4de suiwelbereiding o.10), Dirk-Herold Mosterd (1ste suiwelbereiding o.10) en Zihan Breunissen (3de suiwelbereiding o.10). Agter van links staan Mindi Breunissen (organiseerder), Nicola Mathee (1ste suiwelbereiding o.14), Marlé Mosterd (3de kulinêre kuns o.14), Riana Louw (4de suiwelbereiding o.14), Dominique Strydom (2de suiwelbereiding o.14), Christiaan van der Merwe (5de suiwelbereiding o.14), Juan Smith (3de suiwelbereiding o.14), Gerick Mathee (2de suiwelbereiding o.10), Jan-Louis van der Westhuizen (6de suiwelbereiding o.14). Agter staan Dean Lategan (beoordelaar) en Ronelle Huysamen (skoolhoof).