
SO lyk reënvalsyfers wat Die Hoorn na Sondag se reën in die Klein Karoo bekom het.
Die meeste reën Sondag (24 mm) het noord van Oudtshoorn in Schoemanshoek en in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam asook in Meiringspoort geval.
Op Oudtshoorn is 13 mm gemeet, op De Rust en Dysseldorp 18 mm terwyl die reën baie gewissel het in die gebied om die dorp, met 15 mm op Rooiheuwel, 10 mm op Lategansvlei en 8 mm langs die sementpad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.
Calitzdorp het 10 mm gekry, Ladismith tussen 10 tot 15 mm met Prins Albert waar slegs 2,5 mm gemeet is.
• Intussen wil dit voorkom of daar dalk weer ’n paar druppels vroeg volgende week kan val.
Hou gerus die weerdienste dop!