
Die Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse 4×4-dag word Saterdag (12 Augustus) vanaf 08:00 op Vleesbaai aangebied. Hierdie is tradisioneel ʼn heerlike gesinsdag op die duine langs die see. Die Oakdale 4×4-dag word deur die George-, Mosselbaai-, Knysna- en Oudtshoorn-ondersteunersklub aangebied. Slegs 60 voertuie word toegelaat. Inskrywingsgeld: R450 per voertuig. Besprekings by Engela Marais by 083 640 0001.