DIE CP Nel Museum is vanaf 1 Mei ook Saterdagmiddae en Sondae oop.
Dit maak die museum ook toeganklik vir toeriste en gesinne wat dit oor naweke wil besoek.
Die geskiedkundige en skrywer, dr Oskar Prozesky, beman deesdae die museum op Saterdagmiddae (13:00 tot 17:00) en Sondae heeldag (09:00 tot 16:00).
Prozesky se boeke, ondermeer A History of the Boys’ High School (2016), is by die ontvangstoonbank te koopwanneer hy die museum beman.
Die gebou waarin die CP Nel Museum gehuisves word en wat ontwerp is deur die argitek Charles Bullock, het die Boys’ High School vanaf 1907 gehuisves tot in die 1960’s.
Prozesky, self ’n oud-leerder van die skool, sê hy voel naweke baie tuis in die museum, aangesien hy nege jaar lank in dié toringgebou skoolgegaan het.
Die voorsitter van Oudtshoorn en De Rust Toerisme, Billy Engelbrecht, het gesê dié stap om die museum oor naweke oop te hou is “briljante nuus”.
“As Toerisme kan ons nou meer mense naweke verwys om die museum te besoek, veral in ag genome dat ons museum beskou word as ’n erfenistoerisme-attraksie tot voordeel van Oudtshoorn.