Albertus van Wyk, het oor die Paasnaweek van 2010 sy eerste WegRy-toer meegemaak…en sommer die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert aangepak
‘n Geesdriftige konvooi lesers het vroegdag van Oudtshoorn se kant vertrek op die rit, onder leiding van Douwe Vlok van Bhejane-toere.
‘n Hoogtepunt was die afdraai na waarskynlik die land se mooiste doodloopstraat: die kronkelpad wat afdraai na Gamkaskloof, oftewel, Die Hel.
‘n Oomblik van stilte is gehandhaaf by “Koos se klip”, ter gedagtenis aan wyle Koos van Zyl wat hierdie ewe indrukwekkende stuk pad – so in die skadu van Thomas Bain se beroemde pas – reeds in 1962 gebou het.