Yolandi van der Westhuizen, assistentafrigter van die Garden Route Badgers vrouekrieketspan, is aangewys as assistentafrigter van die Suid-Afrikaanse 0. 19-vroue-krieketspan.
Hierdie aanstelling is ’n belangrike mylpaal vir haar loopbaan en ‘n bewys van haar toewyding en kundigheid in die ontwikkeling van jong kriekettalent.
Die SA o.19-vrouespan neem tans deel aan die Nigeria Cricket Federation Women’s T20I Invitational Tournament, wat van 18 tot 29 Maart 2026 in Lagos, Nigerië, plaasvind.
Die span kom te staan teen Ghana, Sierra Leone, Nigerië en Rwanda in wat beloof om ’n hoogs mededing-ende toernooi te wees.
Hierdie internasionale blootstelling bied aan die jong Proteas ‘n waardevolle geleentheid om hul vaar-dighede teen sterk opposisie te slyp. Die toernooi vorm deel van hul voorbereidings vir die ICC o. 19 T20 vrouewêreldbeker, wat in Januarie 2027 aangebied sal word.
Nog ’n plaaslike trots is Jeze Campher, wat ook deel vorm van die SA o. 19-vrouespan.
Haar plek in die span beklemtoon die Tuinroete-streek se toenemende rol in nasionale krieket. Van der Westhuizen se betrokkenheid by die span word wyd verwelkom en sal ongetwyfeld ’n positiewe invloed hê op die spelers se ontwikkeling.
Haar ervaring op provinsiale vlak, gekombineer met haar passie vir die spel, plaas haar in ’n uitstekende posisie om ’n bydrae te lewer tot die span se sukses.
Die plaaslike krieketgemeenskap is trots op hierdie prestasies en sien daarna uit om die span se vordering op die internasionale vlak dop te hou.
Yolandi aangestel as assistentafrigter van SA o. 19-vrouekrieketspan
Foto verskaf