Wesbank-tennisspanne aan die wenkant

DIE A- en B-manspanne van die Wesbank Tennisklub het Saterdag 21 November op hul tuisbane goeie oorwinnings in die ligakompetisie van die Eden Tennisvereniging behaal.

Die A-span het Knysna met 3-2 geklop, terwyl die B-span met dieselfde telling teen Hartenbos geseëvier het.

Die volledige uitslae in die enkelspelwedstryde is soos volg:
Eerste Liga – Wesbank A 3 , Knysna 2:
Xander Pienaar k William Rhodes 6-2, 4-6, 6-; en Dirk Potgieter k Gert Beyleveld 6-1, 6-2.

Tweede Liga – Wesbank 3, Hartenbos 2:
Frans Smit k Aubrey Nel 3-6, 6-3, 6-2; en Bernard Smit v/t Pieter Smit 4-6, 2-6. (Deur Garnett Wicomb)