Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se gewilde sakeliga, wat ses weke duur, begin reeds op Woensdag, 6 Februarie.
Volgens Gertjie Bekker, president van die klub, kan sake-ondernemings, skole, kerke en organisa-sies van watter aard ook al die geleentheid gebruik om span te bou en sosiaal met mense van ander besighede en organisasies te verkeer.
Spanne bestaan uit vier lede elk en ding oor ’n tydperk van ses weke teen mekaar mee. Die eind-stryd vind op Vrydagaand, 15 Maart, plaas.
Die inskrywingsgeld beloop R900 per span en groot pryse is vir die wenners op die spel.
Spel begin elke Woensdagaand om 18:00 en word oor 12 koppe beslis. Hamburgers word gratis aan spelers verskaf.
Vir navrae kontak vir Alwyn Koegelenberg by 076 797 0252 of Gertjie Bekker by 044 272 2523/ 072 246 7792.