Ryan Mphalele (links) wenner van die Best-med Klein Karoostraatmyl op Oudtshoorn. By hom is LJ van Zyl, Olimpiese atleet en ambassadeur van die Bestmed Straatmyl.
Deur Higgo Jacobs
Ryan Mphahlele van die Tembisa Atletiekklub het op Maandag, 17 Desember, ’n droommyl op Oudtshoorn gehardloop toe hy die Bestmed Klein Karoo Straatmyl in 03:56:04 gewen het.
Die Elite-vrouewedloop is deur die Matie, Thineke Cloete, in 04:43:49 gewen met Aynslee van Graan, tweede in 04:47.88 en die junior Nadia Potgieter derde in 04:50:58
Die sub-juniorwedloop vir seuns is deur verlede jaar se wenner, Corne de Fouw in 04:51.76 gewen. Christolique McNiel het die sub-juniorwedloop vir meisies in 05:23.94 gewen.
Die wedloop vir junior mans is deur Christopher Swart in 04:07.26 gewen. Nadia Potgieter het die junior wedloop vir vroue in 04:50.58.
Die eerste drie SWD-mans was Lloyd Bosman (04:04.76), Godwin Heyns en Zevian le Roux. Die top drie SWD-vroue was Elne Conradie (05:22,03), Jandri Snyders en Sarah Viljoen.
Die fietsry het vir net soveel opwinding gesorg. Marshall Hedricks het vir ’n verrassing gesorg sorg deur die Elite-wedren in 02:09 te wen met Reynard Butler tweede en Louis Visser derde. Die vrouewedren is gewen deur Charlisa Schultz in 02:25 met Charlise Mutphu tweede en Shaundre Schultz derde.
Die sub-junior seunwenner was Juwagen Goliath (02:53) en die meisieswenner was Beyante Goliath terwyl Benino Hans die junior mans gewen het (02:19) met Charlisa Schultz die junior vroue.
• Die 20-jarige Mphahlele het ook Woensdag 19 Desember, die Best-med Madibaz Straatmyl by die NMU Kampus op George in ’n droommyltyd van 03:57,95 afgelê.
Hoewel Mphahlele ook die ATKV Straatmyl op Hartenbos (die derde been van die Eden Straatmylreeks) gewen het, het hy ’n droommyl met 1,88 sek gemis. Vanweë sy drie oorwinnings is hy as die Bestmed Kov-sie Gran Prix Manswenner gekroon.
Thineke Cloete van Stellenbosch het die vroue-titel ingepalm.