Venter voor in die koor by Parkrun

Deelnemers aan die Parkrun met Yaron Venter aan die voorpunt. Foto: Garnett Wicomb

YARON Venter was Saterdag eerste by die eindpunt van die 63 deelnemers aan die 355ste Oudtshoorn Parkrun by Surval.

Venter het met ’n tyd van 21 minute 37 sekondes gewen met Jacques Jacobs (24:08) tweede en Anna Notten, die vrouewenner, derde. Die 12-jarige Lize-Mari Mostert was met haar tweede deelname aan die parkrun die eerste junior.

Saterdag se twintig voorste drawwers was Yaron Venter (21:37), Jacques Jacobs (24:08), Anna Notten (24:57), Mzwamajama Pakade (27:00), Marinda Botha (27:50), Johann Coetzer (28:29), Lize-Mari Mostert (29:08), Gustaff Theodore Loubser (29:48), Mathys Myburgh (30:01), Melanie Fourie (30:32), Kruge Roeloffze (31:37), Waldo Wolmarans (3155), Reghardt Wolmarans (31:56), Surend Bharath (32:18), Laetitia Wolmarans (32:53), Nico Myburgh (35:00), Ellenore Cronje (36:11), Maurice Wicomb (36:29), Henri Roux (36:30) en Denise Baxter (36:47). (Deur Garnett Wicomb)