Besigheidskamer gholfdag reuse sukses

Op die foto van links is Aldrin Soudien (verkoopsbestuurder van PPC), Jurie Neethling (klubkaptein) J Arries, S Arries en Abri Ferreira (voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer). Foto: Lindi Brill

Die Oudtshoorn Besigheidskamer het verlede Woensdag, 6 September, hul gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub aangebied. Die dag was geborg deur PPC Sement en was ’n reuse sukses.
Die wenners van die dag was pa en seun, S Arries en J Arries, met ’n wentelling van 50 punte. Die tweede plek is opgeraap deur W Louw en S Terblanche met 49 punte en in die derde plek was A Soudien en E Titus met 48 punte. (Deur Lindi Brill)