Skopboksers maak skoonskip

Agt lede van Grebe’s Skopboksklub op Oudtshoorn is opgeneem in die Eden skopboksspan tydens die Wes-Kaap Skopboksampioenskap wat op 25 Maart in Hermanus plaasgevind. Die groep het uitstekend gevaar. Die groep het vyf Wes-Kaap kampioene opgelewer waarvan drie dubbele kampioene is. Op die foto van links staan Ranger Grebe (afrigter), Divan van Deventer (goud), Dirk- Harold Mostert (silwer en brons), Anando Olivier (goud en brons), Wian Grebe (dubbele goud), Simon Greeff (2 silwer), Divan Rademeyer (dubbel goud), Chaunique Bruce (dubbel goud), Megan Grebe (2 silwer). Foto verskaf