Die Oudtshoorn Titans het Saterdag te staan gekom teen die Conville Bulldogs van George in ’n BBL-vlakkiekrieket kragmeting op Oudtshoorn. Die Titans het 230 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken, maar die Bulldogs - George se ligakampioen - kon nie die mas opkom nie en kon slegs 75 lopies aanteken op hul beurt. Tyrese Carelse van die Titans het 112 lopies aangeteken, en Willem Goliath 94 lopies. In die tweede wedstryd van die naweek het die Barbarians van Oudtshoorn teen Conville United van George gespeel. Die Barbarians se 166 lopies was te veel vir United wat op 57 lopies uitgeboul is. Foto: Ebenezer Titus