Benjamin Beukes, binnesenter van Oudtshoorn, val oor vir sy drie. Foto: Ebenezer Titus
Deur Wyndham Ewerts
DIE Prins Albert Rugbyklub se A-span het Sondag in ’n SWD Karoo-streekligawedstryd die A-span van Oudtshoorn Rugbyklub met 26-14 geklop in ’n wedstryd wat op SuperSport gebeeldsend is.
Dit was ’n voorwedstryd in die SuperSport Uitdaagtoernooi op die Pla-te. In die hoofwedstryd het die WP vir SWD met 50-3 verslaan.
In die wedstryd tussen Prins Albert en Oudtshoorn het albei spanne, ondanks nat weerstoestande wat han-tering bemoeilik het, steeds aanskoulike rugby gespeel.
Volgens Oudtshoorn se afrigter, Keith Meyer, het swak kommunika-sie sy span van ’n oorwinning beroof. “Ons is gereeld van balbesit ontneem by die inskoppe. Dit het tot gevolg gehad dat ons met karige balbesit oor die weg moes kom.
“Prins Albert se voorspelers het tydens die wedstryd hul reputasie as ’n formidabele eenheid gestand gedoen.
“Hulle het laat in die wedstryd ’n taamlike maklike strafskop voor die pale van die hand gewys en ’n vaste skrum gekies. Dit was ’n aanduiding van hul selfvertroue in die vaste fassette,” het Meyer gesê.
Die wedstryd het teen ’n vinnige pas begin met die spanne wat mekaar goed opgekeil het. Die rustydtelling was 7-7. Oudtshoorn het die eerste punte van die wedstryd aangeteken met ’n drie deur Benjamin Beukes, binnesenter, wat deur Clifton Claas- sen, heelagter, verdoel is.
Prins Albert het geantwoord met ’n drie deur Bradley Magerman, heel-agter, wat deur Marshall Keyser, heelagter, verdoel is.
In die tweede helfte het Pieter Stuurman, losskakel, Oudtshoorn se enigste tweede en laaste drie van die wedstryd gedruk. Claassen het weer verdoel.
Prins Albert het in die tweede helfte twee keer agter die doellyn gaan kuier. Die driedrukkers was Jaco Hendricks, losskakel, en Bentley Paulse, vleuel. Keyser het albei drieë verdoel. Hy het ook twee strafdoele behaal.
• Oudtshoorn speel Saterdag op die Rec teen Uniondale.