DIE Oudtshoorn posduifklub het verlede naweek hul duiwe in Hopetown losgelaat vir hul wedvlugte. Night Drop Racers het die Jaaroud-wedvlug gewen met die wenduif wat 472,3 km gevlieg het in ’n tyd van 12:50:12.
In die Ope wedvlug het Klein Karoo Lofts die eerste plek opgeraap met hul duif wat die afstand van 475,7 km afgelê het in ’n tyd van 12:42:41.
Wedvlug 17-uitslae: Night Drop Racers – 1, 3, 22 en 26; Hannes Smit – 2, 8, 13 en 20; Thelma’s loft – 4 en 18; Klein Karoo Lofts – 5, 6, 9, 12, 23 en 25; Dirk Greeff Lofts – 7, 10, 21 en 27; MJ Pienaar – 11; A.M.J. Lofts – 14, 19 en 24; Ockie Olivier @ Abi – 15, 16 en 17.
Wedvlug 18 uitslae: Klein Karoo Lofts – 1, 3, 5, 14, 21 en 24; A.M.J. Lofts – 2, 16, 17, 18 en 26; Thelma’s lofts – 4, 8 en 13; Dirk Greeff Lofts – 6, 20, 22 en 30; Ockie Olivier @ Abi – 7, 10 en 27; MJ Pienaar – 9, 15 en 25; Night Drop Racers – 11, 19, 23 en 28; Hannes Smit – 12 en 29. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorn duiwe presteer weereens
Johan de Jager (links) van Night Drop Racers se duif het die 1ste plek in wedvlug 17 opge-raap. MJ Pienaar (regs) staan met sy wenduif wat wedvlug 18 vir Klein Karoo Lofts gewen het. Foto’s: Verskaf