Jacobs wen 351ste Oudtshoorn Parkrun

Jacques Jacobs het die 351 ste Parkrun verlede Saterdag gewen. Foto: Garnett Wicomb

JACQUES JACOBS was met ’n tyd van 24 minute 23 sekondes Saterdag se wenner van die 351ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed terwyl Marliza Wepener die eerste vrou oor die wenstreep was. Sy was met haar tyd van 28 minute 35 minute algeheel sesde van die dag se 56 deelnemers.

Die voorste twintig atlete was Jacques Jacobs (24:23), Ronald Van de Wetering (24:48), Heiner Campher (25:48), Johann Truter (25:57), Johann Coetzer (26:53), Marliza Wepener (28:42), Albertus Kennedy (29:27), Hannes Heyns (29:35), Nadia Olivier (30:17), Riana van der Westhuizen (31:10), Jolinda Viljoen (32:10), Melanie Fourie (32:11), Veronica Linde (33:36), Mieke Schoeman, (34:57), Aldeen van der We Walt (35:22), Maritsa Hiscock (35:22), Jeanette Terblanche (37:47), Delia Nimand (38:15), Maryke Jooste (38:17), Jandre van der Westhuizen (38:21). (Deur Garnett Wicomb)