Jaarlikse Leopard Crawl lok talle

Deelnemers aan die verskeie fietsrenne kon darem ’n lafenis by een van die waterpunte kry. Foto: Christa Kroukamp

DIE jaarlikse, immergewilde Leopard Crawl, wat beide draf- en fietsryitems insluit en aangebied word deur Laerskool Wesbank, is Saterdag (18 Februarie) op die skool se terrein in Oudtshoorn aangebied, en het bekendes soos die dorp se eie fietsrykampioen, Yolande de Villiers gelok om deel te neem.

Deelnemers het vanjaar aan ’n 13 km-pretstap of “trail run” afsonderlik, of aan ’n 18 km, 45 km, 72 km “E-bike” of 72 km-fietsren deelgeneem.

Die Leopard Crawl dien ook as die skool se grootste fondsinsamelings-projek van die jaar.
Die uitslae was soos volg:

13 km “trail run”

1. Pierre Alexander

2. Matthys Beukes

3. Adam Barnard

18 km-fietsren vroue

1. Karla Thompson

2. Alrie Eloff

3. Andrea van der Linde

18 km-fietsren mans

1. Tiaan Janse van Rensburg

2. Dioneill Ewerts

3. Jean Joubert

45 km-fietsren vroue

1. Suveena Arries

2. Marguerite Becker

3. Nicolene Jansen

45 km-fietsren mans

1. Dean Woolley

2. Angelino Ayford

3. Liam Rorich

72 km-“E-bike” vroue

1. Almerie Venter

2. Liesl Jonker

72 km-“E-bike” mans

1. Du Preez Briedenhann

2. Christo Hamman

3. Christo Claassen (snr)

72 km-fietsren vroue

1. Yolande de Villiers

2. Jané Janse van Rensburg

3. Chantel de Villiers

72 km-fietsren mans

1. Pierre Terblanche

2. Damon Terblanche

3. Ziandro Jordaan (Deur Stefan Skapie Goosen)