Inskrywings vir Meiringspoort open

Deur Higgo Jacobs
inskrywings vir die gewilde Meiringspoort-wedlope oor 21,1 km en 12,5 km wat vanjaar op Saterdag, 13 Oktober, by De Rust plaasvind, open reeds Saterdag (26 Mei) om 06:00 vir die atlete wat verlede jaar deelgeneem het.

Die oorblywende beskikbare inskrywings vir atlete wat die eerste keer wil inskryf of nie verlede jaar deelgeneem het nie, open op Saterdag, 2 Junie, ook om 06:00. Die inskrywingsgeld beloop R175 vir die 12,5 km- en R225 vir die 21,1 km-wedloop.

Alle inskrywings moet gedoen word op die webwerf www.meiringspoort21.co.za.

Geen ander manier van inskrywings sal aanvaar word nie. ’n Bykomende R35 is betaalbaar vir atlete wat nie by ’n klub geaffilieer is nie. Vir enige verdere navrae kontak gerus vir Des Harris by 044 693 0391 of 083 309 8732.