Deur Garnett Wicomb
DIE 161ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed is Saterdag deur Greens Groenewald gewen in ’n persoonlike beste tyd van 19 min 20 sek.
Bert Verlinde, wat aan sy eerste Parkrun deelgeneem het, was tweede in 19:44 en Newald Groenewald derde in 23:06.
Die veteraan Henry Carstens (60+) was vierde in 23:21.
Linelle Groenewald, die eerste vrou oor die eindstreep, was vyfde in 23:55.
Die ses vinnigste tye hierna was die van Jacques Jacobs (24:04), Granville Smith (24:23), Albertus Kennedy (24:26), Melanie
Verlinde (24:30), Annemarie Erasmus (24:33) en die 10-jarige Melanie van Rensbug, eerste junior, in 24:34.
Altesame 76 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.