Hoërskool Bridgton (HSS) se eerste rugbyspan klop All Saints Anglikaanse Skolespan van Australië

Die Hoërskool Bridgton (BSS) se eerste rugbyspan het verlede Woensdag (10 April) op die Bridgton Sportgronde teen die besoekende All Saints Anglikaanse Skolespan van Australië gespeel en hulle naelskraap met 26-23 gewen. Op die foto bo oorhandig BSS se hoof, mnr Kelvin Ellis, die trofee vir die oorwinning aan Diego Daniels, agtsteman en kaptein van BSS. • Diego is tydens die Tony Stoopstoernooi middel Maart in Brackenfell saam met nog twee spelers van BSS, Rayno le Roux (7) en Aygen Kiewiets (11) vir die Rhinospan gekies wat in September in Wallis aan ’n toernooi gaan deelneem. Die Rinospan is saamgespel uit spelers van verskeie skole in die Wes-Kaap. Op die foto onder is aksie uit die wedstryd. Foto’s: Ebenezer Titus