Kirsten Bredekamp se eerste hou van die dag tydens Gearup se gholfdag Saterdag.
DIE eerste Gearup Gholfdag, wat Saterdag by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind het, het glad verloop, en Gearup wil elke speler wat kom deelneem het, van harte bedank, sê Louis Fourie, besturende direkteur van dié fiets- en sport-winkel in die Queen’s Mall op Oudtshoorn.
“Die formaat van die gholfdag was ’n individuele punte Stableford – Play the Stats. Dié formaat is splinternuut, en hoewel daar verwarring by party spelers was oor hoe die telkaart ingevul moes word, het ons positiewe terugvoer van van die spelers ontvang,” het hy gesê.
Fourie het ook die bestuur en personeel van die Oudtshoorn Gholfklub, die borge en almal wat betrokke was by die aanbieding van die gholfdag, bedank.

Die wenners van die Gearup Gholfdag is (van links) Louis Fourie jr, Christelle Griebenouw, Louis Fourie sr, dr Nolen Dreyer en Celeste Barnard. (Skillie Pretorius kon nie die prysuitdeling bywoon nie.)