DIE 29 deelnemers aan Saterdag (20 Augustus) se 300ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed is elk met n “cupcake”, of altans ’n kolwyntjie, by die eindpunt verras om dié mylpaal te vier.
Die eerste Oudtshoorn Parkrun is volgens Francois le Roux op 18 April 2015 by Surval aangebied met net die roete wat ’n jaar of wat gelede bietjie verander het.
William van Tonder (17) van Langenhoven Gimnasium was weer Saterdag die vinnigste deelnemer met ’n tyd van 20 minute 9 sekondes.
Heinrich Boje (22:15), wat sy 100ste Parkrun voltooi het, was tweede met nog twee juniors, Zack Botha (23:33) en Callan du Plessis (23:52) onderskeidelik derde en vierde.
Verdere tye soos volg: Johann Botha (23:59), Johann Coetzer (24:03), David Mckinnon (26:08), Marinda Botha (28:15), Albertus Kennedy (29:26), Anel van Rooy (33:23), Kruge Roeloffze (37:14), Lampies Lamprecht (37:51), Maurice Wicomb (38:02), Olivia Nice (40:55), Irma Stephens (42:45), Esmeri du Plessis(49:07), Lukas Boje (49:10), Phillip du Plessis (49:12), Almanda Havenga (53:15), Natasha Dawson (53:29) en Miemie van Niekerk (53:31). (Deur Garnett Wicomb)
300ste Parkrun met cupcakes gevier
Vier van Saterdag se Parkrun-deelnemers met hul kolwyntjies. Van links is Callan du Plessis, Albertus Kennedy, Carmen Maloney en David Mckinnon. Foto: Garnett Wicomb