Tennis SA bied tenniskursus aan

Onderwysers, studente en afrigters van onder meer die Laerskool Laurus het die afgelope naweek ’n tenniskursus van Tennis Suid Afrika by die Wesbank Tennisklub bygewoon. Die kursus is aangebied deur Bridget Visee (middel op foto), 'n ervare en bekende tennisafrigter, en eienaar van die Bridget Visee Tennisskool in Rondebosch, Kaapstad. Volgens Marthiné Koch van die Laerskool Laurus het die kursusgangers meer geleer van die ‘’play and stay’’-veldtog, asook kennis en vaardighede wat die grondslag van enige sportsoort is. Saam met Visee is van links Charlotte Swart, Thurston Arries, Janke van Rensburg, Christine van Coller, Hybré Oosthuizen, Marthiné Koch en Wilmie Visagie. Foto: Garnett Wicomb

Onderwysers, studente en afrigters van onder meer die Laerskool Laurus het die afgelope naweek ’n tenniskursus van Tennis Suid Afrika by die Wesbank Tennisklub bygewoon. Die kursus is aangebied deur Bridget Visee (middel op foto), ‘n ervare en bekende tennisafrigter, en eienaar van die Bridget Visee Tennisskool in Rondebosch, Kaapstad. Volgens Marthiné Koch van die Laerskool Laurus het die kursusgangers meer geleer van die ‘’play and stay’’-veldtog, asook kennis en vaardighede wat die grondslag van enige sportsoort is. Saam met Visee is van links Charlotte Swart, Thurston Arries, Janke van Rensburg, Christine van Coller, Hybré Oosthuizen, Marthiné Koch en Wilmie Visagie. Foto: Garnett Wicomb