Sacred Heart se nuwe hoofleiers
Sacred Heart Primêr het Maandag 7 Maart sy hoofleiers en prefekte vir 2022 tydens ’n spoggeleentheid by die skool aan leerders en ouers bekend gestel, waarna hulle deur vader Dennis Ongansie ingeseën is. Die hoofleiers is van links Ivandre de Villiers (onderhoofseun), Rashan Claassen (hoofseun), Ava Parry (hoofmeisie) en Grantcia Jacobs (onderhoofmeisie). Foto: Garnett Wicomb