Oakdale-hoofleiers van Oudtshoorn

Die nuwe hoofleiers van die Hoër Landbouskool Oakdale is onlangs aangewys. Hoofseun, Kobus Janse van Rensburg (regs), en adjunkhoofseun, Francois du Toit, neem die leisels vir 2022. Tesame met die Verteenwoordigende Raad van Leerders is hulle slaggereed vir die groot taak wat op hul wag. Albei is voormalige leerders van Laerskool Wesbank in Oudtshoorn. (Foto verskaf)