Die matriekafskeid is een van daardie besondere mylpale wat ’n mens nie sommer vergeet nie. Op dié blad gee Die Hoorn aan vanjaar se matrieks ’n spesiale plekkie, met foto’s en persoonlike boodskappe van ouers en geliefdes.
Aan al ons matrieks:
Sterkte met die eindeksamen! Mag julle harde werk vrugte afwerp en die toekoms mooi dinge inhou.

Gerick Mathee en Lienke Ungerer – Langenhoven Gimnasium.
Lekker skryf julle! Dit is die laaste deeltjie.

Hania Gerstner and partner, Wuhan Mare – Oudtshoorn High School
Best of luck with your last exams. Remain composed, have faith in yourself, and never forget how proud I am of you. Give it your all, and may all of your aspirations and hard work be rewarded.“I can do all things through Christ who strengthens me” – Philippians 4:13. – With love, Mom.

Ethan Voigt en sy metgesel, Lune Jakobs – Langenhoven Gimnasium.

Elmé Spies – Langenhoven Gimnasium.
Elmé, my wonderful, talented eldest daughter… as Mamma always said: “Reach for the Moon..and if you miss, you will be between the stars!” – All my love, always!

Mila Vermeulen en metgesel, Wikus Storm – Langenhoven Gimnasium.
Vir Mila en haar metgesel, wat al drie jaar lank ’n paartjie is, was die matriekafskeid ’n dag soos uit ’n sprokie. Met Mila se liefde vir pienk en hul indrukwekkende aankoms in ’n bloed-rooi Ferrari, was dit ’n dag vol liefde, glans en onvergeetlike herinneringe.

Gizelle Westraad – Langenhoven Gimnasium.
Ons is aan die einde van 12 jaar waarin jy uiterste dissipline en getrouheid in jou studies getoon het. Jy het altyd gekyk waar jy jouself kan verbeter, en vandag is jy een fenomenale, Jesus volwassene. Op 18 het jy al soveel sukses behaal, en ons as jou ouers eer jou en sê dankie vir die kind wat jy is! Ons is trots op jou en lief vir jou! – Mamma en Pappa
Be the first to comment on "Matrieks 2026 maak ’n stylvolle indruk"