Kannaland se matrieks presteer baie goed ondanks Covid-19-pandemie

Uitbundige matrieks van Ladismith Sekondêre Skool by hul klasopvoeder, Me Monique April (middel voor, op stoel). Foto: Deon Meyer

MATRIKULANTE van die twee hoërskole op Ladismith swel van trots nadat hulle Maandag (24 Jan-uarie) hul uitslae van die 2021 nasionale matriekeksamen ontvang het.

Die Klas van 2021 van Ladismith Sekondêre Skool (LSS) het in die Covid-jaar ’n slaagsyfer van 92% behaal,
Hoërskool Ladismith se matriekklas kan spog met ’n slaagsyfer van 86%.

Die toppresteerder van LSS is Shamilla Morris, terwyl Maronique Quantiney die tweede posisie in die skool beklee het.
Rudi Edwardes was die toppresteerder by Hoërskool Ladismith.

LSS se matriekklas het dan ook ’n 100%-slaagsyfer in die volgende vakke verseker: verbruikerstudies, toerisme, Engels en lewensoriëntering.

LSS se trotse prinsipaal, Me Shaanta Lee, het onderneem om die suksesvolle kandidate met ’n onthaal by ’n plaaslike gastehuis te beloon. (Deur Deon Meyer)