Hoërskool Oudtshoorn Borgefunksie

Hoërskool Oudtshoorn het Donderdag hul borge bederf en bedank met ’n gesellige funksie by die Georgie op die skool se perseel. Op die foto gesels Isabella Bruwer en Maryke Botha (Hoërskool Oudtshoorn se bemarker). Foto onder: Die hoof, Gerrit Rudolph, het tydens die geleentheid almal wat die skool vanjaar ondersteun het, kortliks bedank en gesê dat hy daarna uitsien om volgende jaar weer saam te werk. Foto: Samuel John Photography