Dié agt vullisdromme wat deur nege leeders van Hoërskool Oudtshoorn geverf is, is Dinsdagoggend aan die Struisies “bekend gestel”. Die vullisdromme word op die skoolterrein geplaas en was terselfdertyd deel van ’n projek om kuns na die skoolterrein te bring. Die projek is onder die leiding van Lisl Barry, ’n ouer van die skool en kunstenaar, voltooi. Leerders wie se ontwerpe gekies is, het ’n geskenkbewys van R200 ontvang en ’n uitstappie na Prins Albert se “Art Bus”. Van links is Mpumelelo Bholo, Kai Barry, Dylan Dreyer, Troy Meiring, Gunter Meyer, Lin-Mari Raal, Sebastian Nieuwoudt, Liezl Jansen van Rensburg en Jade Berry Foto Angelique Erasmus