Gimmies se krieketspanne het uitstekende vorm op die krieketveld getoon met twee indrukwekkende oorwinnings teen Struisies se o. 19A-span en Punt se o. 15A-span.
In die wedstryd tussen Gimmies se o. 19A-span en Struisies se o. 19A-span het Gimmies eerste gekolf en 163 lopies aangeteken voordat al tien paaltjies in 34.4 beurte geval het.
Cameron Williams was die span se beste kolwer met ’n bydrae van 35 lopies.
Struisies het daarna probeer om die teiken te jaag, maar Gimmies se boulers het die druk gehandhaaf en die besoekers vir slegs 61 lopies uitgeboul in 13.4 beurte. DJ Oktober was die uitblinker met die bal en het drie paaltjies vir net vier lopies in twee beurte geneem.
Gimmies het die wedstryd met ’n gemaklike marge van 102 lopies
Gimmies se o. 15A-span het eweneens ’n merkwaardige oorwinning teen Punt se o. 15A-span behaal.
Gimmies het eerste gekolf en ’n indrukwekkende 248 lopies in 42 beurte aangeteken.
Barry Fourie was die voorste kolwer met 54 lopies van 57 balle,.
Punt kon egter geen noemenswaardige weerstand bied nie en is vir slegs 38 lopies uitgeboul. Jan Diesel Burger het met die bal uitgeblink deur 3 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte te neem.
Gimmies het die wedstryd met ’n 210 lopies afgesluit.
Gimmies se krieketspanne blink uit met twee oorwinnings
Foto verskaf.
Be the first to comment on "Gimmies se krieketspanne blink uit met twee oorwinnings"