Gimmies na Topskole Netbal

Langenhoven Gimnasium se o.16A-netbalspan speel Saterdag, 25 Mei, in die volgende rondte van die Topskole Netbaltoernooi. Dit is die 3de jaar wat die o.16 A-netbalspan vir Langenhoven Gimnasium by die toernooi gaan verteenwoordig. Die toernooi vind plaas te Parel Vallei Hoërskool in Somerset-Wes. Voor van links is Lana-Maré Hayes, Lana Delport en Lene de Kock. Agter van links is Mari Pretorius, Elmé Spies, S.Stemmet (Afrigter), Lienke Ungerer, Alaina Sowden en Kari Griffioen. Foto: Verskaf