Swierige Besigheidskamer Gala

Gaste is verlede Donderdagaand onthaal in elegansie, by De Opstal, net buite Oudtshoorn, tydens die Besigheidskamer se jaarlikse gala-dinee. Op die foto van links: Helen Butler (Kantoorbestuurder van die Oudtshoorn Besigheidskamer), Arrie Jordaan (Nedbank), Niel Steinmann - bekend as die leeuman en gasspreker vir die aand en Abrie Ferreira (Voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer). Steinmann het tydens sy motiveringspraatjie aan gaste die beginsels van sinergie verduidelik deur diere as voorbeelde te gebruik. Die ses beginsels is: Zebra - Territoriale harmonie, Leeuwyfie -Toewyding van individuele sterk punte, Leeumannetjie - Rituele om die pak te versterk, Hiëna - 'n vertrouensverhouding, Wildehonde - wat is jou doel en dan die Olifant - Hou jou span in stand. Foto: Angelique Erasmus