DE RUST se water is steeds nie veilig om te drink nie.
Ntobeko Mangqweqwe, senior woordvoerder van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, het gister gesê hoewel daar geen E.coli in die water is nie, daar nog baie kolivorm (’n bakteriegroep wat as aanduider van die sanitêre kwaliteit van water gebruik word.)
“Die hoë troebelheid maak chlorinering ondoeltreffend,” sê Mangqwengqwe. “Die ysterinhoud is laer as die chroniese gesondheids- limiet, maar dit sal nog steeds sleg smaak en klere vlek. Dit beteken dus dat die water nog nie gereed is vir menslike gebruik nie.”
Die chloor-dosis wat toegedien word, is vermeerder sodat die dorp se waterpyplyn skoongemaak kan word en om die kolivorm te beveg.
“Ons hoop ook dat die troebelheid mettertyd sal verminder,” sê Mangqweqwe.
Water word steeds daagliks deur die munisipaliteit na De Rust vervoer.