’N VROU het Maandag (27 Julie 2020) in St Johnstraat op Oudtshoorn gesterf en was reeds dood toe die polisie op die toneel gekom het.
Volgens die polisiewoordvoerder, kapt Louis Visser, het die polisie net na 16:00 in die straat gestop nadat verneem is dat ’n persoon na bewering daar inmekaar gesak het.
“Ambulans-personeel was reeds op die toneel.”
Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie en die Polisie doen tans ’n geregtelike nadoodse ondersoek. (Deur Stefan Skapie Goosen)