Vas met juwele

Die juwele. Volgens ’n plaaslike juwelier mag die items moontlik pêrels, roos­kwarts of koraal wees.  Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
’N 24-JARIGE man is verlede Donderdag deur die Oudtshoorn Polisie in hegtenis geneem nadat dwelms en vermoedelik gesteelde juwele in sy besit gevind is.

Sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het’n beroep die publiek gedoen om sers Suzette Witbooi te kontak by 044 203 9022 indien hulle die juwele op die foto herken. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.