Die Hoorn is vanjaar die trotse borg van Struisies se eerste Rugbyspan.
Die span het Saterdag hul eerste wedstryd vir die jaar in hul nuwe truie gespeel. Lees meer op bl 11 oor die kragmeting.
Bo staan Walt Böhme (afrigter), Ronaldo Prins (onderkaptein), Angelique Erasmus (Die Hoorn), Andri Raal (Kaptein) en Gerrit Rudolph (Skoolhoof) met die nuwe truie.
Besighede wat belangstel om ook een van die skool se verskeie sportspanne te borg kan gerus vir Christine Schoeman, die skool se bemarker kontak by 083 409 1581. Foto: Christine Schoeman
Struisies 1ste rugbyspan spog met nuwe truie
