Deur Deon Meyer
DIE Oudtshoorn Polisie se Eenheid teen Gesinsgeweld, Kindermishandeling en Seksuele Misdrywe het Sondag `n man in sy vroeë dertigs gearresteer in verband met die verkragting van`n 18-jarige meisie van Van Wyksdorp.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, dui die voorlopige ondersoek daarop dat die slagoffer twee keer tussen 23:00 en 00:00 die aand van 5 Oktober 2019 deur die verdagte verkrag is.
Die eerste voorval het na bewering naby ’n plakkershut plaasgevind en die tweede later in ’n aangrensende bos gedwing.
Die verdagte het Maandag in die Ladismith Landdroshof op twee aanklagte van verkragting verskyn. Die verdagte bly in aanhouding hangende ‘n borgaansoek.